Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Droomseisoen vir sportster

Droomseisoen vir sportster
 
2009-10-29

Jaco van Wyk

OM op 17-jarige ouderdom ’n nasionale span tot glorie te lei, voorspel net goeie dinge.

En selfs al is sy nog nie in die senior Suid-Afrikaanse netbalspan nie, is dit glad nie vergesog nie om te voorspel dat daar beslis, oor ’n paar jaar, ’n plekkie vir Juline Rossouw gereserveer sal word in dié span.

Met ’n sprokiesverhaal-netbalseisoen pas agter die rug, waartydens die een hoogtepunt kort na die ander gevolg het, is dié graad 11-leerder van Hoërskool Gimnasium welverdiend Oktober-maand se PaarlPost en Supersport Let’s Play Sportster van die Maand.

Behalwe vir die feit dat Juline as lid van Gim se eerste netbalspan weekliks die smaak van sukses geproe het (Gim is as Wes-Kaap kampioene gekroon en het algeheel vierde in die land geëindig), was sy ook beloon met die kapteinskap van die Wes-Kaapse o.17 netbalspan - dié span wat ’n silwer medalje verower het tydens die nasionale toernooi in Durban. Ná afloop van dié toernooi, is Juline opgeneem in die SA o.17-netbalspan om deel te neem aan ’n Afrika-toernooi te Swaziland.

Tydens die SA oefenkamp word Juline toe ook sommer as kaptein aangewys, en onder haar leiding is dié span toe ook as toernooi-wenners gekroon.

Nog nie beïndruk nie?

Wel, ná afloop van die nasionale toernooi, is Juline ook aangewys as die algehele speler van die toernooi.

Volgens Gim se eerste netbalspan-afrigter, Leana Lourens, beskik Juline nie net oor geweldig baie talent nie, maar oefen sy ook baie hard.

“Netbal is een van haar groot passies, daarom sal sy ure op haar eie oefen om die doelwitte wat sy aan haarself stel, te behaal,” sê Lourens oor Juline, wat van laerskool af nog elke jaar provinsiaal gespeel het.

Juline, wat reeds van graad 9 vir Gim se eerste netbalspan uitdraf, is volgens haar afrigter “geweldig gemotiveerd en positief. Tweedebeste is nooit goed genoeg vir Juline nie.

“As gevolg van haar sterk leierseienskappe, maak Juline se selfvertroue almal rondom haar ook positief en gemotiveerd,” sê Lourens.

“Juline se mede-spelers sien haar voorbeeld en het dus baie respek vir haar.

“Sy is ’n besonderse talentvolle speler en ek glo die toekoms hou vir haar nog talle hoogtepunte in,” voeg Lourens by.

* Juline se broer, Jean Rossouw, was in 2006 Gim se eerste rugbyspankaptein en het in dieselfde jaar ook die Suid-Afrikaanse Skolespan aangevoer.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za