Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Veterane vir Boland?

Veterane vir Boland?
 
2009-10-29

Jaco van Wyk

VIER ruiters, in die vorm van ’n Kiwi, ’n Wallaby en twee Poemas, gaan aanstaande seisoen hul wit perde opsaal om, soos regte Kavaliers, tot Bolandrugby se redding te kom.

Hoewel ’n unie, volgens Saru se regulasies, nie meer as twee oorseese spelers mag kontrakteur nie,doen gerugte die ronde dat die Boland rugby-unie besig is om te onderhandel met vier spelers van internasionale gehalte.

Die oud-All Black senter, Pita Alatini, ’n voormalige slot van Australië Justin Harrison, en die twee Argentyne, Eusebio Guinazo (stut) en Santiago Fernandes (losskakel/senter), is blykbaar op die Kavaliers se inkopielys.

Hoewel Boland se direkteur van afrigting, Chester Williams, dié gerugte ontken, het Jason Smith, agent van Alatini (33) en Guinazo (27), aan sekere bronne erken dat die stories nie heeltemal onwaar is nie.

Volgens bronne het Smith gesê dat daar reeds ’n aanbod deur Boland gemaak is vir Guinazo, en dat hy nog werk aan Alatini se kontrak.

Met Boland se twee staatmaker-voorrymanne, Janro van Niekerk en Jacobie Adriaanse, wat volgende seisoen vir Griekwas gaan uitdraf, sal Guinazo, wat ewe tuis op vaskop, loskop en haker is, se handtekening met ope arms verwelkom word.

Wat Harrison se skuif aanbetref, is daar Maandag volgens ’n bekende rugbywebtuiste gesê dat die 35-jarige Wallaby, wat tans ’n skorsing uitdien vir die gebruik van kokaïne, moontlik aanstaande jaar vir ’n Suid-Afrikaanse span sal uitdraf. Wie die span is, is egter onduidelik.

) Intussen staar die Kavaliers die promosie-relegasiespook in die gesig.

Wen hulle eerskomende Vrydag teen die Pumas in Witbank, dan sal die Wynboere volgende seisoen weer skouer skuur met SA se groot menere in die premierliga van die Curriebeker.

Dit is te danke aan die 36-35 bonuspuntsege wat Boland die pas-afgelope Saterdag, in ’n skouspel van ’n wedstryd, teen dieselfde opponent op die Boland-stadion behaal het.

Verloor Boland egter môre, en staan hulle in die proses 4 drieë teen die Pumas af (en as hulle met meer as 1 punt vasval), sal Boland gerelegeer word om teen Suid-Afrika se naasbeste rugbyprovinsies kragte te meet.

Verdediging behoort dus die sleutel te wees vir môre se tweestryd, aangesien 4 drieë die laaste ding is wat die Kavaliers sal wil afstaan.

Trots behoort natuurlik die eerste dryfveer agter ’n oorwinning te wees, maar ’n wenbonus van R1 000 000, wat tussen die spelers verdeel sal word, behoort darem ’n paar ekstra vonke onder die Wynboere se sitvlakke te maak.

Verlede Saterdag se puntemakers vir die Kavaliers was Marnus Hugo (1 drie), strafdrie, (Zandré Jordaan (2 drieë), Wendal Wehr (1 drie) en Justin Peach (4 doelskoppe en ’n strafdoel).

Môre se stryd skop 18:00 af.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za