Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Skolier ernstig siek

Skolier ernstig siek
 
2005-09-01


SY gee nie moed op nie, ek weet sy sal hierdeur kom.

Só sê Eldavinn Davids van sy skoolmaat, Cemonay Solomons (17), wat in die Constantiaberg Hospitaal behandel word vir kanker.

Cemonay, ’n leerder aan Noorder-Paarl Sekondêr, is in Januarie gediagnoseer met gevorderde T-sel limfoom.

Op haar dokter se aandrang, het sy besluit om nie vanjaar matriek te skryf nie, maar eers aandag te gee aan haar gesondheid.

Volgens die spesialis wat haar behandel, het sy goed reageer op die aanvanklike chemoterapie, maar het sy weer ’n terugslag beleef ná ’n kort remissie-tydperk.

Sy het Sondag begin met intensiewe chemoterapie, waarna sy ’n beenmurg-oorplanting moet kry.

Haar gesin gaan vandag vir toetse om te bepaal of een van hulle ’n geskikte skenker is.

Intussen knyp dit maar, want die gesin se mediese fonds is uitgeput weens Cemonay se siekte.

Die skool het nou ingespring om geld in te samel om te help.

Verskeie klasse beplan funksies vir dié doel.

Die hoof, Mirinthia Maasdorp, sê die skool kyk ook daarna om ’n trustfonds vir Cemonay op die been te bring. Mense wat wil help, kan haar skakel by 872-7016.

Intussen het Cemonay se siekte ook ’n positiewe kant: “Ek dink dit het ons almal nader aan mekaar gebring,” sê een van haar klasmaats.

’n Onderwyser bevestig dat dit ook die geval is met die personeel.

“Ons is ook diep onder die indruk dat jeug nie noodwendig beteken ’n mens kan nie siek word nie,” sê nog ’n vriendin.

Cemonay, wat verlede jaar as Mej Noorder-Paarl Sekondêr gekroon is, is duidelik gewild onder haar klasmaats.

“Sy is ’n grapjas en lief vir mense. Sy is ’n vrolike mens en selfs as sy pyn het, sit sy ’n vriendelike gesig op.”



More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za