DIE Just Grace geestelike dansgroep bied vanjaar hul sewende jaarlikse Vrouekamp aan vanaf 13 tot 15 November by Bergkroon Faith Centre in Wellington.
Alle vroue en jong dogters word genooi om die naweek saam met hulle deur te bring.
Die prediker vir die naweek is pastoor Denise Francis, voorheen van Church of the Nazarene in Wellington. Die tema is “Destined for Greatness”.
Pastoor Denise sal fokus op ma-en-dogterverhoudings en sal ook verskillende sessies aanbied gebaseer op die lewe van Ester met die Saterdag as ’n eendag-Ester-konferensie wat sal eindig met ’n formele dinee.
Elke vrou (Ester) wat die kamp bywoon, sal dan by hierdie formele geleentheid as koningin gekroon word. Die vroue word gevra om hul formele aanddrag in te pak.
Koste vir die naweek beloop R350 per persoon en R600 vir ’n ma-en-dogter paar.
Dagbesoekers is baie welkom om die Saterdag vir die Ester-konferensie aan te sluit teen R100 per persoon.
Kostes sluit in alle etes, kroningsdinee en verblyf. Vir verdere inligting, kontak Jacomina Alkaster by 082-992-3093 of Menisha Moos by 082-771-5489.