Seun dood
2009-11-05
’n TIENER is Sondagaand dood, nadat hy op sy fiets deur ’n voertuig getref is. Monrei Rynhardt (17) van Bosbok-woonstelle in Chicago, het omstreeks 20:00 voor ’n vragmotor te lande gekom, toe hy volgens ooggetuies van baan verander het in Van der Stelstraat. Monrei is op die toneel dood. Hy word oorleef deur sy ma, Josephine Dampies, twee broers en ’n suster.
More
News
|