Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Fees spog met wamakery-skat

Fees spog met wamakery-skat
 
2009-11-05


地 UNIEKE parade van perderytuie van weleer behoort die hartsnare te roer op die jaarlikse Perd- en Wynfees wat op Sondag 15 November by die Nelson Wynlandgoed in die Agter-Paarl gehou word.

Van die spoggerigste perdekoetse tot onopgesmukte molwaentjies sal daar te sien wees. Nie net word vier van die pragtigste landau-koetse in die land hier vertoon nie, maar ook een van die mees historiese rytuie wat uit die agtiende-eeuse glorietydperk van die Drakensteinse wamakersbedryf dateer.

Dit is 地 oorspronklike ambulanswa wat tussen 1891 en 1899 deur een van die voorste rytuigbouers van daardie tyd, Gabriel Domingo, in sy Kar- en Wagenmakeronderneming in die Paarl gebou is.

Sowat nege jaar gelede het wyle dr Johan van der Merwe van die Paarl die wa by 地 boer van Langebaanweg, Boet-At Loubser, gekoop en sedertdien pryk dit in die versameling antieke perderytuie by De Poort Erfenissentrum in Suider-Paarl. Aangesien hierdie rytuig uiters kosbaar is, het wyle dr Van der Merwe ook 地 replika daarvan deur die Tegner-rytuigbouers in Kimberley laat bou. Dit is vir die vervoer van toeriste en by feestelike geleenthede benut.

Tydens die Perd- en Wynfees word dr Van der Merwe, wat 地 mede-stigter van die fees was, postuum vereer vir sy bydrae tot die handhawing van die perde-erfenis in die land. Hierdie bekende oor-, neus- en keelspesialis is enkele maande gelede aan 地 hartaanval oorlede. Die Van der Merwe-familie sal tydens die fees in 地 ere-ronde met die wa in die arena vervoer word. Dit sal deur vier Boerperde getrek word.

Minstens dertien perde-rytuie met perde en ponies van agt verskillende rasse vooraan, sal aan die parade deelneem. Ook die 81-jarige Pieter Loubser van Malmesbury, 地 bekende Friesperdteler en -vertoner, sal tydens die fees gehuldig word.

Die fees begin om 09:30 en die vererings en parade van perderytuie is tussen 12:30 en 13:30.

Daar is oorgenoeg te eet en te drink met vermaak vir die kinders. Die res van die feestelikhede sluit in die driefase-perdekampioenskappe van die Western Province Horse Society.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za