Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kursus vir beginner-sakelui

Kursus vir beginner-sakelui
 
2009-11-05


BELANGSTELLENDES wat die gratis “New venture creation” kursus in besigheidstudies en kleinsake wil bywoon, wat vanaf 18 Januarie by Boland Kollege aangebied word, moet so gou moontlik by een van die twee Paarl kampusse gaan inskryf. Die keuringsproses moet teen 13 November afgehandel wees sodat die nodige reëlings getref kan word om in Januarie te begin.

Die opleiding is heeltemal gratis vir studente wat gekeur word. Hulle moet bereid wees om vir een dag per week vir ’n periode van 7 maande (Januarie tot Julie) die kursus by te woon. Persone moet 35 jaar oud en jonger wees en moet bewys kan lewer dat hulle alreeds hul eie besigheid begin het en dat daar op ’n daaglikse basis handel gedryf word. Hulle moet ook beskik oor ’n graad 10 (standerd 8) kwalifikasie. Die besigheid hoef nie geregistreer te wees nie.

Twintig leerders, waarvan 8 Merseta-verwante bedrywe moet doen (sweisers, motorwerktuigkundiges of besighede wat te doen het met motors of die metaalwerkersbedryf), sal vir die program gekeur word.

Die kollege betaal R100 aan die leerders vir elke opleidingsessie wat hy/sy bywoon.

Vir meer besonderhede, kontak Alie Crook, projekbestuurder: Leerderskappe en Vaardigheidsprogramme van Boland Kollege, Paarl Kampus by aliec@bolandcollege.com of 021-860-1968.




More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za