Sportdagboek
2009-11-05
PADWEDLOOP
Die Dwarsriviervallei Atletiekklub bied op 7 November sy vierde jaarlikse Boschendal Padwedlope aan. Daar kan ingeskryf word vir die 21,1km halfmarathon, ’n 10km wedloop, asook ’n 5km pretdraf. Die wegspring vind vanjaar plaas op die Boschendal Landgoed. Die roete sal deelnemers neem deur die skilderagtige dorpe van Pniel, Lanquedoc en Kylemore. Inskrywings vir dié wedloop, wat ook as een van Boland Atletiek se liga-wedlope beskou word, kan op enteronline gedoen word. Vooraf-inskrywings sluit vandag (5 November). Inskrywings word ook op die dag van die wedloop vanaf 05:30 gedoen. Die 21km spring 07:00 weg, die 10km 07:15 en die 5km 08:00. Die wedlope sal geskied volgens die reëls van Boland Atletiek en Atletiek Suid-Afrika (ASA) en medaljes sal oorhandig word aan almal wat die onderskeie wedlope voltooi. Kontak Nolan Hendon by 072-785-6529 of of Rowina Carollisen by 072-576-9900.
DRAKENSTEIN GOLF DAY
The annual Groot Drakenstein Golf Day will be held on 19 November at Paarl Golf Club. The proceeds of the event will be used for junior cricket development in the Groot Drakenstein Valley. Costs are R1800 per 4 ball. Contact Brian Davis on 083-958-4154 or email grootdrak@telkomsa.net.
RUGBY
* Hillcrest United se afseisoen-program begin Dinsdag 10 November te Pelikaan Park om 19:00, onder leiding van Howard Heugh, Chris Abrahams en Davey Wellman. Alle huidige- en voornemende spelers moet dié sessies by woon.
* Young Peoples se beker-uitdeling vind 6 November om 19:30 plaas in die Gemeenskapsaal. Toegang is R65. Kontak 084-207-7535.
More
News
|