Nommer asseblief
2005-03-17
WAT het die Grand Prix, Kaktus op die Vlakte en waterbesparing met my te doen?
Alles - as (1) my tuinmuur op ‘n Vrydagnag om 02:00 omgejaag word en die persoon spoed weg en (2) my sypaadjie bemors word met nommer 1 en nommer 2 en ‘n goeie kwaliteit toiletpapier is gebruik. E k weet ons moet water bespaar, maar heng, dis bietjie erg. Twee of meer tieners het aan die (nuutste?) tydverdryf deelgeneem asook oral die sypaadjie “gemerk”.
Is ons jeug “diere” of net verveeld? Ouers, waar loop jou tiener rond en wat doen hy/sy vir vermaak?
Vra maar net Devinestraat, Paarl
More
News
|