Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Werker haak uit

Werker haak uit
 
2009-11-05


’n MUNISIPALE werker het verlede week gewelddadig geraak, toe hy na bewering op heterdaad betrap is in ’n besope toestand tydens werksure.

Die voorval het Maandag helder oordag plaasgevind in Hoofstraat, Wellington, toe ’n munisipale voorman, Stefanus Schoeman, op Nicolas Jonas afgekom het, waar hy langs die trekker, vermoedelike onder die invloed van drank, gelê het.

Schoeman het vir hom gekonfronteer oor sy toestand en daarop aangedring dat Jonas die trekker se sleutels aan hom oorhandig. Maar Jonas het eerder vir hom met ’n graaf probeer aanval. Hy het ’n klag van aanranding teen Jonas gelê by die polisie.

Vroeër vanjaar is ’n ondersoek ingestel ook na ’n munisipale werker wat laat een aand groot skade aangerig het, toe hy in ’n munisipale voertuig teen ’n huis in Mbekweni vasgery het. Volgens die eienaar van die huis en ooggetuies, was die bestuurder, Ashley Williams, onder die invloed van drank.

Williams is egter skotvry verklaar van enige wandade, ná ’n interne ondersoek deur die Drakenstein Munisipaliteit.

Die eienaar van die huis wat deur Williams beskadig is,, wag steeds vir vergoeding.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za