DIE blyspel ‘Krismis die Musical’ sal van 12 tot 14 November aangebied word by Breytenbach-sentrum op Wellington. Elke aand sal daar ’n vertoning om 18:30 en 20:30 wees.
Die musiekblyspel se ongewone aanslag behels die feit dat dit rondom die sentrum afspeel. Gehore moet letterlik die storie volg en na opvolgende speelruimtes beweeg: vanaf Josef se werkswinkel; verby Herodus se paleis; die herders op die ope veld; ’n tjok-en-blok herberg; tot by die stal.
Krismis is ’n gemeenskapsproduksie waaraan 200 Wellingtonse leerders en die sentrum se bemagtigingsprojekte (van die SBA se skoonheidskunde- en dagsorgklasse, ’n groep naaldwerkers, plaaslike mosaïekkunstenaars tot kreatiewe kleintjies) vir maande aan gewerk het.
Die Betlehemster word elke aand deur ’n ander bekende vertolk: Niël Rademan (12 November), Nataniël (13 November) en Christo Davids (Errol van 7de Laan, 14 November).
Kaartjies is R100 en die opbrengs gaan aan welsyn.
Bespreek by 021-873-2786 of by teater @breytenbachsentrum.co.za of besoek www.breytenbachsentrum.