Baie dankbaar vir hulp
2009-11-05
EK is so dankbaar dat my jongste suster (Whitney Brothers) so goed gevaar het die afgelope jare by Franschhoek Hoërskool, en wil die anonieme egpaar van die dorp wat aangebied het om ’n verdienstelike student se studies die afgelope jaar te borg, van harte bedank. Hierdie anonieme skenking was soos ’n wonderwerk in die lewe van my ouers, wat die gewig van hul skouers afgehaal het. Dit het baie verligting gebring omdat hulle baie bekommerd was oor die kostes. As haar suster wat nou al agt jaar in Haarlem, Nederland, woon, is ek baie trots op haar, want sy het nooit iemand teleurgestel in al die jare wat sy by die skool was nie. Die Here is goed en hy sorg waar die nood hoog is. Monique Audre
More
News
|