Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Gesin tuis aangeval

Gesin tuis aangeval
 
2009-11-05

Lise Beyers

VIR 37 jaar woon die Kilians vreedsaam in ’n rustige doodloopstraat hoog teen die hange van Paarlberg - ’n ware paradys.

Maar dit het die afgelope naweek tot ’n bittere einde gekom toe hulle in hul huis oorval is deur drie booswigte.

Die aanval het Saterdagaand om 23:00 by die woning van Pieter en Tilla Killian aan die bopunt van Bosmanstraat plaasgevind.

Om 23:00 is Pieter deur drie mans oorrompel terwyl hy buitekant op die stoep gesit het. Hulle het hom die huis ingedwing, waar hy om hulp geroep het.

Sy dogter Melanie wat op die tweede verdieping van die huis was, het ondersoek ingestel en een van die aanvallers het op haar afgestorm.

Pieter is met ’n mes aangehou deur ’n man wat aanmekaar gedreig het om sy keel “af te sny.”

Intussen is Melanie deur een van die aanvallers deur die huis geneem in ’n soektog na waardevolle besittings.

Hulle het veral kontant gesoek, maar Melanie het vir hulle daarop gewys dat die kluis slegs dokumente bevat.

So het die diewe selfone, kameras, horlosies, ’n beursie en selfs bottels parfuum gebuit.

Toe hulle die hoofslaapkamer nader waar Tilla reeds geslaap het, het Melanie vir haar ma gewaarsku om nie die deur oop te sluit nie en om die alarm te druk.

Met die aktivering van die alarm het die mans verward begin rondhardloop. Een het woedend na Melanie gesteek met ’n mes, maar sy het vinnig genoeg weggekoes. Hulle het hierna die pad gevat.

Die polisie sowel as die sekuriteitsmaatskappy ADT was blitsig op die toneel, maar die spoor van die mans kon nie gekry word nie.

Daar word vermoed dat hulle van Khayelitsha afkomstig is.

Alhoewel niemand beseer is nie, is die gesin erg getraumatiseer.

Dit is die soveelste aanval in die Paarl vanjaar.

’n Vrou van Pleinstraat is verlam gelaat nadat sy deur rowers met ’n mes gesteek is.

Nog ’n bekende Paarliet, Allison Bouckaert, is onlangs helder oordag voor ’n huis in Kloofstraat aangeval deur ’n gewapende man.

Dana Buys, eienaar van Vrede & Lust wynplaas, is onlangs in die hand gesteek tydens ’n soortgelyke aanval op sy gesin.

* The members of a well-known Paarl family were attacked by armed men in their secluded home in Bosman Street.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za