Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarl slaan terug

Paarl slaan terug
 
2009-11-05


SATERDAG het al die spanne wat vir Paarl Krieketklub in aksie was op die Parys-velde, met hul opponente afgereken, ná die eerste twee spanne verlede naweek vasgeval het.

Op Parys A het Paarl II (85/4) die nuweling, Klapmuts I (82/10), met ses paaltjies geklop.

Jacques Jacobs (3/9) en Grant Croutz (5/10) was skitterend vir Paarl. L Pietersen (17, 1x4) was Klapmuts se beste kolwer.

Die tuisspan het die wenlopies reeds in die twaalfde boulbeurt behaal, maar vier paaltjies verloor in die jaagtog vir ’n bonuspunt.

Paarl III (211/7) het vir Coronation III (200/10) op Parys B geklop.

Waldo Davids (3/29) en William-Anthony Petersen (3/6) was Paarl se beste boulers.

Paarl se oorwinning van drie paaltjies is reeds in die 34ste boulbeurt behaal, danksy ’n vennootskap van 88 lopies om die vyfde paaltjies tussen Zurich Mullers (67, 7x4 en 2x6) en Darwin de Waal (44, 2x4).

Paarl IV het vir Wellington III met 4 paaltjies geklop op Parys C. Paarl se Renton Fortuin (4/25), Brent Hendricks (4/40) en Byron Walters (51, 7x4) was Paarl se bestes.

Saterdag is dit Paarl I vs Piketberg I (Parys A); Paarl II vs Bergrivier II (Weltevrede), Paarl III vs Brackenfell III (Parys C); Paarl IV vs Excelsior I (Parys C). Sondag speel Paarl I vs Vredenburg/Saldanha I (Parys A).




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za