Verkeersbeamptes makeer in Paarl-Oos
2009-11-05
GRAAG verneem ek waar al die verkeersbeamptes weeksdae 07:00 tot 08:00 is om verkeer te beheer. Paarl-Oos is in hierdie periode weeksdae in chaos (taxis is die grootste sondaars). Ek was al in hierdie spitstyd in die middedorp (Hoofstraat en omgewing) en het opgelet dat verkeersbeamptes op elke voet oorgang en kruising by skole verkeer reguleer. In Paarl-Oos is daar net twee punte waar jy ’n verkeersbeampte sal vind. Dis die voetoorgange by Ebenezer Primêr en New Orleans Sekondêr. In Paarl-Oos maak taxis “u-turns” waar dit verbied word, motoriste ry oor rooi verkeersligte by voetoorgange en ignoreer spoedbeperkings. Nog ’n ding wat deur die owerhede self aanskou word sonder om te reageer is die vele voertuie wat kinders teen betaling na skole vervoer. Ek het al gesien hoe ongeveer agt kinders in ’n Citi Golf skool toe vervoer word. Daar is ook eienaars van dagsorg-inrigtings wat meer as 20 kinders in Toyota Ventures of Condors vervoer teen enorme tariewe per maand. Die vervoer van persone teen betaling, vereis dat die bestuurders van sulke voertuie professionele bestuurspermitte moet hê. My kind was self by so ’n dagsorg en ek het van die begin geweier om van hulle vervoer gebruik te maak as gevolg hiervan. Sidney Pietersen Die munisipale woordvoerder, May Carolissen, reageer: Die verkeersafdeling in Drakenstein is stadig maar seker besig om weer tot sy reg tekom. As die skrywer sou oplet, is wetstoepassing verskerp die afgelope maand en daar sal daarop voortgebou word.
More
News
|