Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarliet se nuwe fiksieboek

Paarliet se nuwe fiksieboek
 
2009-11-12


’n NUWE fiksieboek uit die pen van die Paarlse leraar, ds Jaco Thom van die Toringkerk, het onlangs verskyn. Die boek is getitel Maria - die ma van God se Seun en die pad wat sy moes stap.

In dié nuwe boek word vertel van die ontwrigting in Maria se lewe sedert die dag wat die engel haar besoek het, en van die soms moeilike verhouding tussen haar, haar seun en sy broers en susters.

As ma moes sy alles in die stryd werp om haar gesin bymekaar te hou, en moes ook vrede maak met God se ingryping in haar lewe.

Thom is bekend vir sy topverkoper Die Bybelroman asook ander Bybelse fiksieboeke.

Die boek is uitgegee deur Carpe Diem.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za