SATERDAG om 10:00 is Sneeuwitjie en die sewe dwerge by die Ou Meul-teater.
Regisseur Gaerin Hauptfleisch het die storie verwerk tot ’n vermaaklike verhoogstuk.
Om die verhaal te vertel word al die pyle in Faktotum Fourie se koker gebruik. Ligte, poppe, klankeffekte en sy gebruiklike doen-dit-self talente word ten toon gestel om Sneeuwitjie en die sewe dwerge te red van die nare koningin en haar praatsieke spieël.
Daar is ook sprake van ’n prins, as die koningin hom nie reeds uitgesorteer het nie.
Hauptfleisch is al bekend vir sy prettige “panto-mini’s” soos Aswoestertjie en Sneeuwatjie?
Kaartjies is R35 en besprekings kan gedoen word by Vicky Stemmet by 083-564-0056 of vstemmet@gmail.com.