Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Herdenk slagoffers

Herdenk slagoffers
 
2009-11-12


HIERDIE week herdenk ons die twee dae, 10 en 11 November 1959, toe Paarl sy eerste onluste ervaar het.

Die georganiseerde opstand en protes is gelei deur lede van die Food & Canning Workers Association van H Jones & Co inmaakfabriek.

Hulle het teenstand gebied teen die polisie se pogings om vir Elizabeth (Rocky) Mofekeng te arresteer en om haar uit die dorp te verban. Hierdie pogings het gepaard gegaan met klipgooiery en brandstigting in Klein Drakensteinweg in Paarl-Oos, waarna die polisie geantwoord het deur terug te skiet. In die proses is William Bruce noodlottig gewond. Linda Marinus (wat swanger was), Boy Booysen en Afrika “Man” Philander is beseer. Van hulle is lewenslank gebrekkig gelaat.

Terwyl tot op hede nooit van hierdie slagoffers melding gemaak word nie, beoog vriende en familielede om in Desember byeen te kom om ’n versoekskrif op te stel dathierdie slagoffers gepas vereer word. Belangstellendes kan 021-862-4525 of 073-4717118 skakel.

Basil Andrews




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za