Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Musiekblyspel by Breytenbach

Musiekblyspel by Breytenbach
 
2009-11-12


DIE blyspel ‘Krismis die Musical’ sal van 12 tot 14 November aangebied word by die Breytenbach-sentrum op Wellington, elke aand om 18:30 en 20:30.

Gehore moet letterlik die storie volg en na opvolgende speelruimtes beweeg: vanaf Josef se werkswinkel; verby Herodus se paleis; die herders op die ope veld; ’n tjok-en-blok herberg; tot by die stal.

Die Betlehemster word elke aand deur ’n ander bekende vertolk: Niël Rademan (12 November), Nataniël (13 November) en Christo Davids (Errol van 7de Laan, 14 November). Krismis is ’n gemeenskapsproduksie waaraan 200 Wellingtonse leerders en die sentrum se bemagtigingsprojekte vir maande aan gewerk het.

Kaartjies is R100 en die opbrengs gaan aan welsyn. Bespreek by 021-873-2786 of by teater@breytenbachsentrum.co.za.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za