Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Matriekafskeid word oordryf

Matriekafskeid word oordryf
 
2009-11-12


DIE matrikulante het aan die einde van hul skoolloopbaan gekom en gaan nou die grootmenswêreld betree, ’n wêreld vol intrige, en ek wens iedereen sukses toe met die pad vorentoe.

Die eindeksamen word voorafgegaan met die matriekafskeid en as mens so na die geselligheid kyk vra jy jouself die vraag af waarheen is ons op pad ? Word dit nie ’n bietjie oordryf nie?

Ouers moet uit hul pad gaan om aan die matrikulant se eise te voldoen en dan skuur sommige ook net-net op hul agterstewe deur. Die duurste van alles is net-net goed genoeg. Ons gun ons kinders die beste, maar êrens moet ’n lyn getrek word. Lê die fout nie by die ouers of by die skool nie?

Graag wil ek ’n beroep doen op skole om die inisiatief te neem en beperkings te stel sonder om die afskeid te ontsier. Dinge ruk handuit wanneer iemand in ’n doodskis by ’n afskeid opdaag. My kind gaan seker eendag van my verwag om met ’n helikopter by die matriekafskeid op te daag.

Ek wag vir die dag wanneer die matrikulante gaan besluit om beroemde mense aan hul sy te hê as metgesel.

Kom ons vergeet maar van al hierdie selfverheerliking en konsentreer op die eksamen. Vir ’n matrikulant wat hard geleer het en uitstekend gevaar het deur die loop van die jaar, gun ek alles - bly gefokus.

Oud-hoofseun, Mario




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za