DIE sanggroep Track 5 met Ramon Alexander tree Sondag om 17:00 by Mooikelder se Musiek in die Voorhuis konsertreeks op.
Die groep wat bestaan uit vyf sangers, Esperanzia Swart, Amy Later, Danelle de Vries, Gavin Fullard en Dónal Slemon doen wonderlike verwerkings van bekende jazz-nommers onder andere, Unforgettable, The Shadow of your smile en Moondance.
Ramon Alexander, klavierdosent aan die Universiteit van Stellenbosch, is ’n bekende virtuoos op die klawerbord en hy staan hulle by as begeleier.
Daar sal tee en koffie en wyn beskikbaar wees. Toegang is R50 (R30 vir studente en pensionarisse). Vir navrae en besprekings kontak 021-869-8787 of 082-749-8936.