Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Albions leer UWK 'n les

Albions leer UWK 'n les
 
2005-09-01


DIE eerste span van Albions Rugbyklub het Saterdag vyf drieë ingeryg in sy 37-15 (12-3) weg-oorwinning oor die Universiteit Wes-Kaap.

Die flank Jenovan Cornelissen, wat die afgelope tyd beseer was, het die naweek sy terugkeer tot die span gemaak en was ’n ooglopende dryfveer onder die voorspelers.

Die agsteman, Morné Goetham, het weer eens baie balle in die lynstaan gewen en ook ’n bars gespeel in die vastelos.

Agterlangs was dit die twee Ashleys wat die UWK-verdediging aan die raai gehou het.

Ashley Raubenheimer (skrumskakel) en Ashley Manuel (heelagter) het albei goed vertoon.

Yulin Claasin (agsteman), Fharis Adams (senter), Manuel, Cornelissen en Dominic Daniels (vleuel) druk die besoekers se drieë, terwyl Jacques Hendricks die orige punte met sy skopskoen behaal.

Albions II speel 10-10 gelykop en Albions III verloor 15-6.

Saterdag sit die toeskouers weer bankvas op Daljosafat wanneer Albions en Young Peoples mekaar pak.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za