Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Pasop vir hierdie motorhawe se petroljoggies

Pasop vir hierdie motorhawe se petroljoggies
 
2009-11-12


SATERDAGOGGEND ry ek na Noorder-Paarl Diensstasie en vra die betrokke joggie om R300 se brandstof in te gooi. Hy vra of dit “drie nul” moet wees en ek sę: “Nee! Driehonderd”.

Vir die eerste keer in maande kyk ek nie wat hy doen nie en gee die drie R100 note aan hom in ruil vir my sleutel. Op pad Malmesbury toe kom ek agter maar die brandstofmeter gaan nie hoër as kwart nie.

Terug by die diensstasie is dit ’n hele geraas en gepraat en natuurlik is daar geen bewys van die geld nie alhoewel die brandstoftenk wys dat daar om 11:10 R30 se brandstof uit is.

Die eienaar wil weet waar is my bewys/kwitansie, maar ek het nie een gevra nie.

Selfs die polisie was daar, maar kan, soos gewoonlik, niks uit die betrokke joggie kry nie. Baie mense kla daaroor.

Boonop getuig ’n werknemer dat dit elke Saterdag so gaan en die eienaar trek net skouers op.

So, kies waar julle brandstof ingooi.

Mismoedig en ontnugter




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za