Green se paadjie nie so rooskleurig
2009-11-12
’n PLAASLIKE regsgeleerde het vandeesweek in die Bellville Handelshof verskyn op aanklag van bedrog en verbreking van die regswette. Hierdie klagtes teen Martin Green van Wellington spruit uit ’n voorval waar die klaer, Mario Meyer, na bewering vir Green toevertrou het met ’n regsaak waarby ’n trustfonds betrokke is. Volgens hofstukke het Green nie die klaer se instruksies gevolg nie en die klag nooit aanhangig gemaak nie, maar het na bewering wel daarvoor betaling ontvang. Die saak is uitgestel tot 26 November. Maar volgens regslui op Wellington, waar Green dikwels bedrywig was, word nog sake van bedrog teen hom ondersoek. Hier word hy ook beskryf as ’n kleurvolle karakter. Een prokureur wat verkies om anoniem te bly, het gesê dat Green vir hom regswerk gedoen het, maar dat hy vermoedelik kliënte se betaling hiervoor in sy eie sak gesteek het, in plaas van om dit in die regsfirma se rekening in te betaal. Die firma is tans besig om ’n volledige oudit na hierdie beweringe te voltooi, en die resultaat hiervan kan lei tot nog klagtes van bedrog teen Green. - Lise Beyers
More
News
|