Ongeluk op nat pad eis lewe
2009-11-12
Lise Beyers
NAT paaie oor die afgelope naweek het die lewe van ’n jong man geëis, en ook talle ander ongelukke veroorsaak. Derik du Toit (22) van Plattekloof was Vrydagaand saam met ’n Paarliet, Zelda de Kock, vanaf Stellenbosch onderweg na die Paarl in De Kock se Toyota Corolla. Toe hulle naby die indraai na Wiesenhof kom, het motors hier in die donkerte stilgestaan om in te draai na dié plaas. De Kock het glo beheer oor haar voertuig verloor op die nat pad en die voertuig het na links geswaai. ’n Aankomende Toyota Quantum minibus van die rigting van Klapmuts het die voertuig vol op die passasierskant getref en die motor het in stukke gespat. Du Toit is op slag dood. De Kock het geringe beserings opgedoen. ’n Woordvoerder van die polisie het gesê dat hierdie stuk pad naby Wiesenhof al verantwoordelik was vir talle ongelukke. Motors ry baie vinnig hier en dan is die indraai na Wiesenhof ook ’n gevaar. Saterdagmiddag het die bestuurder van ’n BMW na bewering ’n trompop-botsing veroorsaak. Twee motors, ’n Isuzu bakkie en ’n Ford Focus, het stilgestaan by die rooi verkeerslig op die Paryspad in die Paarl. Die BMW het volgens ooggetuies te laat rem getrap en het die Isuzu met ’n geweldige spoed getref, waarna die Ford ook in die slag gebly het. Die passasiers is slegs lig beseer. Die polisie ondersoek ’n klag van dronkbestuur teen die bestuurder van die BMW. Maandagmiddag was daar nog ’n byna noodlottige ongeluk, dié keer by die kruising van Jan van Riebeeckrylaan en Bartholomeusstraat, Groenheuwel. toe een van die motors volgens ooggetuies versuim het om by die rooi verkeerslig stil te hou. * A young man was killed in a car crash near Klapmuts this past weekend.
More
News
|