Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Leefstylkalender

Leefstylkalender
 
2009-11-12


* Dans. Paulus Joubert Primêr nooi alle oudstudente na hul piekniekdans môre (19:30) in die skoolarena as deel van hul 50ste bestaansjaar vierringe. Kaartjies vir die aand, met die tema “A Touch of Gold”, kos R40. Bring alle piekniektoebehore saam met eie drankies. Kontak Loretta Meyer by 021-862-3690.
* Reünie. Die 1996 matrikulante van Hoër Meisieskool Paarl hou Saterdag hul 15-jaar reünie. Kontak Rhona (Ackermann) by 082-873-5580 of Trinette (de Villiers) by 083-602-0840.
* Demonstrasie. Riana Scott nooi vroue en jong meisies uit na ’n “Faith Booking” oggend Saterdag vanaf 10:00 by Picardi Gasteplaas. ’n Demonstrasie van scrap-booking word aangebied. Kaartjies is R120 per persoon. Kontak Riana by 082-722-300.
* Diabetes. Paarl Medi-Clinic bied, in samewerking met die Diabetes-sentrum, môre as deel van Internasionale Diabetesdag by die Pick n Pay winkelsentrum in die Paarlse middedorp ’n Diabetes Opedag aan. Vanaf 10:00 sal gratis bloedglukose-toetse en voorligting aan die gemeenskap gegee word om bewusmaking van hierdie leefstylsiekte te bevorder. Kontak Jacorie Visagie by 021-807-8000.
* Familie. Die Antonie-familie hou ’n reünie op 6 Desember te Antoniesvlei-vakansie-oord, Wellington. Kontak Rose by 084-254-6233 of Hester by 083-3290-483 vir meer inligting.
* Pretloop. Die Paarl Dierebeskermingsvereniging (DBV) hou Saterdag (11:00) ’n 5km pretloop by die DBV gronde in Benberhardt-landgoed. Die inskrywingsgeld is R30. Daar sal ’n springkasteel wees, heerlike verversings te koop en baie pryse te wen.


More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za