Boland Korfbal lewer eerste skoolspanne
2005-09-01
DIE Boland Korfbalunie het vanjaar vir die eerste keer in sy vyfjarige bestaan verteenwoordiging by die nasionale skolekampioenskappe.
Boland stuur vanjaar vier spanne na dié toernooi, ’n seun- en meisiespan in beide die o.13 en o.17 ouderdomsgroep. Vyf beamptes sal ook die spanne vergesel.
Heelwat leerders van plaaslike skole maak deel uit van dié spanne.
Junior spelers wat opgeneem is, is Vaylene van Rooyen, Nokuphiwe, Bernadine Appollis, Ferdinand Davids, Reezaan-Lee Ruiters, Bradley Ruiters, Marius Muller, Romano Isaacs, Shanaaz Solomon, Jeidi Ruiters (almal Wellington Primêr), Henco van Wyk (WA Joubert), Bea Oberholzer (La Rochelle), Juanita Fourie, Corlette Fourie, Boeta Schoeman (aldrie Hugenote), en Ian Viviers (Bergrivier).
Die nasionale kampioenskappe word van 23 tot 30 September in Magaliesburg gespeel.
Die Boland senior spanne het ook goed gevaar tydens die Aksa Nasionale Kampioenskappe wat onlangs in Pretoria gehou is.
Die Boland vrouespan het ’n silwermedalje in die A-afdeling verower, terwyl die Boland mans wat ook in die A-adeling deelgeneem het, derde gekom het.
More
News
|