Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Ná 12 jaar soek erwe nog baas

Ná 12 jaar soek erwe nog baas
 
2009-11-12

Sieb Sieberhagen

IN 1997 het Projek 1068 in Wellington afgeskop waar hulpbehoeftiges erwe ontvang het - maar 12 jaar later is die erwe nog nie op hul name oorgedra nie, hoewel dienstegeld maandeliks daarop gehef word.

Die Drakenstein Munisipaliteit en die Wes-Kaapse Behuisingsdepartement krap steeds kop oor wanneer die begunstigdes hulle kaart en transport gaan ontvang, want die grond is steeds in die Provinsie se naam geregistreer.

Volgens May Carolissen, woordvoerder van Drakenstein Munisipaliteit, is verskeie vergaderings al tussen die munisipaliteit en die provinsie gehou: “Ons is versoek om ’n besigheidsplan voor te lê wat ons reeds in April vanjaar gedoen het. Intussen wag ons vir terugvoering.

“Daar is verlede week ’n vorderingsvergadering belê wat die aangeleentheid oor grondeienaarskap en waarom titelaktes nog nie aan Drakenstein Munisipaliteit toegeken is nie, bespreek sou word. Die proses is nog steeds aan die gang,” sê sy.

Intussen kry baie eienaars van dié erwe, waar sommiges nog nie eens ’n steen gelê het nie, maandeliks rekeninge vir die beskikbaarheid van dienste, asook erfbelasting.

Van die rekeninge beloop duisende rande.

Anwar Romes, woordvoerder van die inwoners, het ’n opname gedoen en gevind dat daar 177 gevalle in dié projek is, waar mense benadeel is en aangeslaan word vir dienste terwyl die eiendomme nie op hul naam is nie.

Een van dié begunstigdes, Aubrey Marinus, wie se rekening op 15 Oktober R10 144 beloop het, kan hom gelukkig ag. Verlede Maandag het hy die kwessie by die behuisingsafdeling van die munisipaliteit opgeneem en dit ook onder Paarl Post se aandag gebring. Twee dae later is die R10 144 afgeskryf omdat die munisipaliteit hom nou as ’n deernisgeval beskou.

“Ek is verlig is dat die geld afgeskryf is. Al wat ek nou wil sien gebeur, is dat ons amptelike dokumentasie moet ontvang dat die erwe aan ons behoort. Ek kry reeds van 1998 munisipale rekeninge, maar het nog nooit enige dienste benut nie. Ek sorg wel dat ek elke jaar my erfbelasting betaal.

“Destyds toe die erwe toegeken is, was daar sprake dat die huisplanne en vier mure gratis verskaf sou word, en R5000 vir verbeterings, maar dit het nooit gebeur nie.”




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za