Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Voëlkyker aangeval

Voëlkyker aangeval
 
2009-11-12


’n ENTOESIASTIESE voëlkyker het onlangs ’n noue ontkoming gehad by die Drakenstein voëlpark, geleë op die randjie van Mbekweni by die rioolwerke.

Dr Jerzy Przybojewski, ’n bekende kardio­loog van Kaapstad, het verlede Saterdagoggend alleen besoek afgelê by die park. Terwyl hy in ’n skuiling voëls besigtig het, is hy oorval deur twee gewapende mans.

Hy is deur hulle rondgestamp en sy selfoon is gegryp.

Hulle het daarop aangedring dat hy sy duur kameratoerusting aan hulle oorhandig, maar hy het hulle oorreed om eerder saam met hom na sy motor te gaan waar hy R2000 in sy beursie gehad het.

Hulle het ingestem, die geld geneem en gevlug.

Przybojewski het wonderbaarlik die voorval sonder ’n skrapie oorleef.

’n Woordvoerder van die Drakenstein Munisipaliteit, wat verantwoordelik is vir die gebied, het namens die munisipaliteit die voorval betreur.

“As Drakenstein Munisipaliteit probeer ons ons beste om hierdie gebied te beveilig. Wat gebeur het, is baie hartseer. Ons gebruik alreeds elke naweek twee wagte met patrolliehonde om albei kante van die reservaat te patrolleer, en daar is ook 24 uur per dag werkers op die perseel.”

Supt Gellie Geldenhuys, bevelvoerder van Mbekweni polisiestasie, het gesê dat die gebied baie afgeleë is en besoekers hierheen moet liewer in groepe besoek aflê.

* A Capetonian has been attacked and robbed at the Paarl Bird Sanctuary.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za