DIE Boland Bonsai-kai bied hul jaarlikse skou op 21 en 22 November in die Stellenbosse Botaniese Tuin aan.
Die beste kunswerke van die klublede word ten toon gestel, en onafhanklike beoordelaars sal bome in 13 verskillende klasse beoordeel.
Daar sal bome te koop aangebied word. Die geleentheid sal ook handig wees vir belangstellendes om die oudste versameling Bonsais in die land, die Becki Lucas-versameling van die Botaniese Tuin, van naderby te beskou. Navrae aan Marie-Louise du Plessis by 082-715-0856.