Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Peoples se Tiere gee boedel oor

Peoples se Tiere gee boedel oor
 
2005-09-01


DIE Tiere van Young Peoples het Saterdag op sy tuisveld met ’n swak en ruggraatlose vertoning sy promosiedrome gekelder toe hulle 29-7 teen Primrose verloor het.

Die tuisspan het ’n skokkende wedstryd gehad en Primrose het welverdiend met die punte weggestap.

Die besoekers het met hul groot pak voorspelers oorheers en Peoples het met swak verdediging dinge vir Primrose vergemaklik.

Agterlangs was dinge ook nie veel beter nie en halfhartige spel het baie belowende kanse vir Peoples verlore laat gaan.

Die Paarliete het geen veggees gewys nie en halfpad deur die wedstryd het dit gelyk of die Tiere eenvoudig boedel oorgegee het.

Peoples sal hulself baie vinnig moet regruk as hul Saterdag enigsins kompetisie vir Albions wil wees, en nie ’n groot pak slae op die lyf wil loop nie.

Die spelers se lyftaal is egter nie goed nie en ’n mens wonder of die span nog enigsins lus het vir rugby.

Peoples wat tans vierde op die Divisie 1 punteleer lê met 49 punte, kan nie gerelegeer word nie en dit is blykbaar vir die spelers goed genoeg.

Albions lê in die derde plek met 53 punte en hulle sal oorgehaal wees om die seisoen af te sluit as een van die twee top spanne.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za