Plaaslike karatekas word vereer
2009-11-12
KARATEKAS van Shinju-te dojo van renshi shihan Tony Johnson (Goju Kai Karate in die Paarl), het onlangs, voor ’n internasionale paneel, graderings verwerf. Die paneel het, onder leiding van die wêreldhoof, instrukteur saiko shihan Goshi Yamaguchi, graderings toegeken aan Johnson (6de Dan), sensei Chris Baxter Yokyo (5de Dan), sensei Clinton Pick (4de Dan), sensei Freddie Plaatjies (4de Dan), sensei Grant Botha (3de Dan) en Waldo Tala (2de Dan). Johnson is ook aangestel as ’n graderingspaneellid vir die Afrika-kontinent in die Goju-kai dissipline en Baxter as ’n eksaminator vir die Wes-Kaap. ) Nege karateka van Tony Johnson Shihan het deelgeneem aan die Goju-Kai wêreldtoernooi wat onlangs in die Bellville Velodrome gehou is. Die klub oefen Dinsdae en Donderdae vanaf 17:30 tot 20:30 in die Abattoir-sportsaal.
More
News
|