Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kavaliers pak Griekwas

Kavaliers pak Griekwas
 
2005-09-01


DIE Boland Kavaliers het Saterdag kwaai gesukkel teen die Vrystaat Cheetahs, maar sal hoop om dié naweek hul Curriebeker-veldtog weer op koers te kry teen die Griekwas.

Die Wellingtonners kon nie die groot pak van die Cheetahs keer nie, met veral goeie dryfwerk wat die tuisspan van ’n 46-15 (10-5) sege besorg het.

Die Kavaliers sal beslis Saterdag se tuiswedstryd wil wen om hul hoop op minstens ’n plek in die halfeindstryd lewendig te hou.

Die Boland se gebrek aan ’n spesialis-skopper het Saterdag weer vir hulle by vier geleenthede van punte ontneem.

Die wedstryd begin om 15:00 op Boland Stadion. Voorwedstryde tussen die vrouespanne van die Boland en Grens (11:30) en o.21 spanne van Boland en die Valke (13:15) sal ook gespeel word.

Kaartjies is vooraf te koop by alle Shoprite/Checkers winkels.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za