Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarl weer op koers

Paarl weer op koers
 
2009-11-12


PAARL KRIEKETKLUB se eerste span het Saterdag die tuisspan Worcester United I met 18 lopies geklop.

Paarl het eerste gekolf en 184/7 aangeteken, met Curtis Fourie (36, 2x4) en Lynal Jansen (56, 4x4) betrokke in ’n vennootskap van 109 lopies om die 3de paaltjie.

Die tuisspan se kolwers kon op hul beurt net nie aan die gang kom nie, met Hein Adonis (3/35), Jansen (2/19), Alfredo Adams (2/31) en Ultalyn Ernstzen (2/40) wat die tuisspan beperk het tot 166/10.

Verlede naweek het Paarl II (219/8) vir Bergrivier II (165/10) geklop op Weltevrede sportterrein met 54 lopies. Rudy Andrews (59) was Paarl se beste kolwer, met L Dampies (2/25) en G Meyer (2/37) die tuisspan se beste boulers. Delwayne van Niekerk (75) was Bergrivier se beste kolwer. Jacques Jacobs (3/39) was Paarl se voorste bouler.

Paarl III (278/10) het die naweek vir Drakenstein Edu II op die Parys-velde geklop.

Carlo Crotz (110; 11x4) het sy tweede honderdtal agtereenvolgens vir dié seisoen aangeteken. G Philander (4/46) was die besoekers se beste bouler, met Lyndon Fredericks (3/31) Paarl se beste bouler.

Verlede naweek het Young Peoples III (165/3) vir Paarl IV (164/10) met 7 paaltjies op die Parys-velde geklop. L Davey (100; 11x4, 7x6) was die wenspan se beste kolwer.

Die afgelope naweek het Paarl-Oos III (151/9) ook afgereken met Paarl IV (150/10), met 1 paaltjie op die Parys C-veld.

Dié Saterdag speel Paarl I en II op Parys teen Malmesbury I en II, en Paarl III speel tuis teen Northdene II. Paarl IV speel weg teen Van der Stel III op Stellenbosch.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za