Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Bergrivier skok Paarl-Oos

Bergrivier skok Paarl-Oos
 
2009-11-12


’n SKOK-OORWINNING is Saterdag deur Bergrivier krieketklub se eerste span behaal, toe hulle die gedugte span van GMT Paarl-Oos met 9 lopies verslaan het op Weltevredepark.

Paarl-Oos het die loot gewen en vir Bergrivier laat kolf.

Bergrivier kon slegs 139 lopies aanteken voor al hul paaltjies platgetrek is, met Charlton Manuel (47, 4x4 en 1x6) en Marquin Julies (32, 1x4 en 2x6) die voorste lopiemakers.

Die draaibouler Waylon September het ’n goeie boulvertoning vir die besoekers gelewer, met 5/27.

Met Paarl-Oos aan die kolf, moes September (23 lopies) met die kolf ook tot sy span se redding kom, ná die vroeë vertrek van Paarl-Oos se openingskolwers. Jacky Daniels (34, 2x4) het ook goed gekolf.

Goeie boulwerk deur Bergrivier se Ryan Mouton (3/36) en Fabian Arendse (2/23) het egter verseker dat die besoekers slegs 131/9 in hul toegelate 45 boulbeurte kon behaal.

Op Malmesbury het Bergrivier II (165/10) vir Malmesbury met 36 lopies verslaan.

Delwayne van Niekerk (40, 5x4) en Mario de Kock (3/35) was Bergrivier se beste spelers.

Paarl-Oos II (177/4) het Saterdag vir Drakenstein Edu I (175/10) met 6 paaltjies geklop.

Paarl-Oos se beste kolwer was die 14-jarige Keagan Petersen (46*, 5x4) en hul beste bouler was Garth Lewis (4/18).

Paarl-Oos III het vir Paarl IV met 1 paaltjie geklop.

Roderick Allies (4/28) was Paarl-Oos se beste bouler en Jamian Poggenpoel (31) die beste kolwer.

* Bergrivier I speel Sondag weg teen Noord-Boland en Bergrivier II speel tuis teen Franschhoek.

* Paarl-Oos I speel Sondag te New Orleans teen Vredenburg/Saldanha.

Saterdag speel Paarl-Oos II teen Young Peoples II te New Orleans en Paarl-Oos III speel weg teen Wellington III.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za