Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Loffie tot die redding

Loffie tot die redding
 
2009-11-12

Jaco van Wyk

NÁ afloop van ’n direksievergadering, het Francois Davids, president van die Boland Rugby Unie en die voorsitter van Boland Rugby (Edms) Bpk, aangekondig dat Eugene (Loffie) Eloff, aanstaande seisoen as direkteur van rugby gaan diens doen.

Volgens Boland Rugby “is die besluit deur die direksie geneem ná behoorlike oorweging van alle tersaaklike feite en met die oog op Boland se visie om aan die einde van die 2010 seisoen terug te keer tot die premierliga van die Curriebeker”.

Eloff, ’n voormalige afrigter van Suid-Afrika se o.19-rugbyspan, was vanaf 2002 betrokke by die Goue Leeus Rugbyunie. Hy is vroeër vanjaar die trekpas gegee as hoofafrigter van die Leeus, nadat sy span onderpresteer het in die Super 14-reeks.

Eloff, oor wie se gehalte as afrigter daar egter geen twyfel is nie, het ’n paar aanloklike aanbiedinge, om af te rig by oorsese klubs, van die hand gewys om eerder die pos van die Boland te aanvaar.

Boland Rugby het ook sy dank uitgespreek teenoor die voormalige Springbok Chester Williams, wat tydelik ingestaan het as direkteur van afrigting.

) Intussen het nóg ’n top-speler van die Boland Kavaliers, Elgar Watts, besluit om sy rugbytalente voor ander skares ten toon te stel.

Nadat die Bolandse span verlede maand gerelegeer is na die laer liga van die Curriebeker-reeks, het hulle ’n groot slag geslaan toe hulle onlangs die dienste van Janro van Niekerk, Clemen Lewis en Dewey Swartbooi behou het.

Dit is egter ’n uitgemaakte saak dat Watts, wat aanvanklik sy heil in die Boland wou voortsit, nie weer volgende jaar vir die Kavaliers sal uitdraf nie.

Watts het ’n kontrak van die Pumas aanvaar.

Ander spelers wat gekoppel word aan moontlike skuiwe (maar wat volgens bestuurslede slegs bespiegelings is), is Junior Bester, Harry Vermaas (albei Pumas), Deon Scholtz (Luiperds) en Wendal Wehr (Universiteit van Johannesburg).

Spelers wat reeds kontrakte van ander unies aanvaar het, is Justin Peach, Zolani Mofu (albei OP), Jacobie Adriaanse en Marnus Hugo (albei Griekwas).




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za