Young Peoples steeds onoorwonne
2009-11-12
YOUNG PEOPLES se eerste krieketspan is ná Saterdag se weg-oorwinning oor Piketberg steeds onoorwonne dié seisoen. Peoples het Piketberg met 8 paaltjies behoorlik afgeransel, toe laasgenoemde slegs 52/10 lopies kon opstapel. Peoples se twee openings-boulers, Charlton Daniels (5/20 in 6bb) en Lester Opperman (3/19 in 6), het absoluut verwoesting gesaai. Peoples het die wenteiken (56/2) reeds in die 11de boulbeurt behaal, met Wade October (26*, 4x4) wat baie goed gekolf het. Peoples II (426/4) het ook op Daljosafat met Mbekweni (157) afgereken. Peoples aw rekord-telling van 426/4 in 45 boulbeurte, is behaal danksy skitterende honderdtalle deur Melvyn Jackson (134, 15x4 en 6x6) en Tom-Ross Fortuin (119*, 14x4 en 5x6). Die besoekers van Mbekweni het hardnekkig probeer, maar kon slegs 157 lopies behaal Vir Peoples het Garren Fortuin (5/24 in 7bb) goed geboul. Peoples III se wedstryd teen Van Der Stel het uitgereën. Verlede Saterdag het Peoples III egter met Paarl IV (164/10) op die Parys-velde klaargespeel. Peoples se Jermaine Buys (5/39 in 9bb) het ’n driekuns behaal. Peoples het die wenteiken reeds in die 17de boulbeurt behaal, danksy 100-lopies (10x4 en 7x6) deur Lindsey Davy, van slegs 40 balle. Saterdag het die eerste span weer ’n loslootjie. Peoples II speel weg teen Paarl-Oos II en Peoples III speel tuis teen Excelsior.
More
News
|