Bravo Wellington en Hugenote Hoërskool
2009-11-19
WATTER vreugde en trots het ek nie Maandag ervaar in my “Het lieve Wellington” nie. Ek was besig om saam met my tuinhulp ’n tenk af te laai vanaf my bakkie wat halfpad in die straat gestaan het. Die takie was bietjie groter as wat ons twee oues gemaklik daardie dag kon baasraak. “Hallo Oom, kan ons help, Oom?” was die mooiste, ordentlikse woorde wat ek in ’n lang tyd nie gehoor het nie. Die twee jong manne van Hugenote Hoërskool, oppad vanaf ’n sportoefening, het vriendelik gehelp om die takie gou-gou af te handel. My tuinhulp se kommentaar: “Dit is nou ordentlike kinders”. My kommentaar: “Hulle kom van ’n besonderse gemeenskap en ’n nog meer besonderse skool.” Baie dankie kêrels, dit staan uit bokant die onbeskoftheid en arrogansie wat so dikwels in gemeenskappe en skole ervaar word. Dankie en welgedaan ouers van Wellington en Hugenote Hoërskool. Jakkals Mostert
More
News
|