Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Polisieman!

Polisieman!
 
2009-11-19


OP Woensdag 4 November, ongeveer 13:00, het ek by ’n voetoorgang aan die bopunt van Lady Greystraat in die Paarl gestaan en gewag om oor te stap.

Wat my stom van verbasing, verontwaardig en geskok gelaat het, was toe ’n polisiebakkie rustig verby my beweeg en ’n polisiebeampte in sy uniform, aan diens en aan die passasierskant van die polisiebakkie vir my met byklanke ’n soentjie gestuur het.

As ek die Vrou van Staal was, het ek die polisiebakkie ingehardloop en die polisiebeampte ’n klap gegee, maar ongelukkig is ek net ’n gewone jong dame wat maar die aanmerkings van sommige “kommin” Paarlse mansmense moet aanhoor en verduur.

As ek kon het ek ’n klagte gaan indien teen die polisiebeampte, maar ek het nie bewyse nie en daar was ook nie ’n getuie saam met my nie. So hierdie keer kom jy weg!Paarlse dame




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za