Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Bloed kook

Bloed kook
 
2009-11-19


DIT is onvergeeflik dat die staat steeds geen werkswyse het waarvolgens iemand soos Warren Groenewald, wat verkeerdelik die boete van ’n motoris in ’n ander provinsie gekry het, sy probleem kan hanteer nie.

Hy het regtens geen oortreding gepleeg nie, maar word aan verskeie onnodige uitgawes onderwerp om die oortreding aan te spreek.Is dit nie so dat dié wat ’n oortreding beweer, dit moet bewys nie?

Die Johannesburgse Verkeersowerheid moet ’n werkbare prosedure in plek sit waar mense sulke kwessies buite die hof kan afhandel. Of slaap hulle op kantoor dat hulle nie Warren se pogings om met hulle kontak te maak, ontvang nie? Dalk word die telefoon nooit beantwoord nie?

Wat skort met ons plaaslike verkeersafdeling dat hulle nie alle bewyse van Warren se onskuld opneem en na dieJ ohannesburgse Verkeersafdeling aanstuur nie? Hulle kan hom ’n bewys gee dat hy ’n poging aangewend het om die kwessie te hanteer.

Huguenot




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za