Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Geen dissipline

Geen dissipline
 
2009-11-19


EK vind dit vreemd dat motoriste in Paarl-Oos nie weet hoe om ’n drie- of vierpunt-stopstraat te gebruik nie.

Dis ook die tendens deesdae van motoriste veral in hierdie area om stoptekens te verontagsaam. Waar is ons mense se respek en dissipline dan? Hoekom verloor ons hierdie morele waardes?

Met ’n onlangse besoek aan China was ek verbaas om the sien hoe gedissiplineerd daardie mense is met ’n bevolking van 1,3 biljoen mense.

Jy sien honderde taxi’s en busse op die pad en die mooiste is, almal van hulle gehoorsaam die reëls. Jy kan net hierdie mense bewonder - geen wonder hul ekonomie is tops in die wêreld nie.

Hoekom kan ons ook nie ’n kultuur van gehoorsaamheid soos hulle hê nie?

Onlangs in Lantanastraat sien ek ’n motor ry meer as 60 km/h sonder om sy spoed te verminder oor ’n stopstraat.

Dis nie net taxi’s wat die reëls breek nie. Daar is geen sigbare polisiëring van die verkeer om hierdie mense te dissiplineer wanneer hulle die reëls verontagsaam nie.

Waar is dissipline dan?




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za