EK kom agter hier is ’n hele paar padvarkies wat in standerd 9 en 10 met hulle ouers se voertuie skool toe ry.
Mamma en pappa, ek wonder of julle bewus is van hoe die padvarkies ry, na skool, en nie te praat van hoe hulle dan afshow nie.
Dis bande wat skree en rook wat trek, ek wonder net hoe veilig is daai mater wat jy nog daarby ’n “lift” ook nog gee.
Ja, jy meneertjie, met die blou CJ Rover, jy het amper vandag jou pa se kar omgegooi, met daai wegtrek en “s” wat jy gekap het net om in te wees. Ek hoop jy weet wat jy doen?
Dan die swart VSTech plat kar, jy is nie ver agter die knaap nie.
En nie eens te praat van die knaap in die maroen Colt bakkie nie!
Ek as ma dink julle is ’n gevaar vir julself agter die stuurwiel en vir daai kind wat jy ’n “lift” gee. ’n Mens hoef nie onverskillig te wees om in te wees nie! Jy word net onthou as ’n padvark.