VANAF Saterdag tot Dinsdag bied Pniel Congregational Kerk hul jaarlikse Blommefees aan in die kerk.
Blommerangskikkings met die tema “How great Thou art” sal te sien wees.
Die opening is Saterdag om 09:30 en ’n donasie word by die deur opgeneem.
’n Kafeteria sal oop wees Saterdag vanaf 10:00 tot 17:00 en Sondag vanaf 14:00 tot 17:00.
Die blommerangskikkings kan Maandag en Dinsdag steeds besigtig word vanaf 10:00 tot 17:00.