Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


CPUT maak byna skoonskip

CPUT maak byna skoonskip
 
2005-09-01


DIE mans- en vrouehokkiespanne van die Wellington-kampus van die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie (CPUT) het vanjaar omtrent die Boland seniorliga oorheers.

Dit was dan geen wonder dat albei spanne van die Universiteit se Wellington-kampus betrokke was in die twee eindstryde wat
Saterdag op Stellenbosch gespeel is nie.

In die vroue-eindstryd moes die studente egter die knie buig voor ’n groot aanslag van Worcester Hokkieklub, wat 2-1 die pyp gerook het.

Die wedstryd om die derde en vierde plek tussen Wellington en Paarl het 2-2 gelykop geëindig. Albei spanne deel nou die derde
ligaposisie.

Die mans-eindstryd was ’n spannende wedstryd tussen Paarl Hokkieklub en CPUT.

Nadat Paarl vir die grootste gedeelte van die wedstryd 1-0 voorgeloop het, het CPUT die telling in die tweede helfte gelyk gemaak.

In die laaste sekondes van die wedstryd het Enrico Lategan ’n briljante doel van ’n korthoek geskiet en so ’n 2-1 sege vir die studente beklink.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za