Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Strek daardie kuite vir Paarlberg-wedloop

Strek daardie kuite vir Paarlberg-wedloop
 
2005-09-01


ATLETE kan verwag om Saterdag in koel weer aan te tree by die wegspring van vanjaar se Paarlberg Halfmarathon.

Dit kan dalk net die hupstoot voorsien aan die voorste atlete wat sal mik om ’n nuwe rekord in dié wedloop op te stel.

Die huidige rekord behoort aan Pieter Koopman (Celtics) wat in 2000 die 21,1km in 68:38 afgelê het.

Daar sal ook met groot verwagting gekyk word of die Mbekweni-atleet, Thembelani Zola (Mr Price), sy sege van verlede jaar sal kan herhaal.

Die gewilde wedloop het verlede jaar sowat 600 inskrywings ontvang en daar word verwag dat selfs meer atlete vanjaar sal deelneem.

Inskrywings vir die halfmarathon is R30 en kan Saterdagoggend vanaf 05:30 tot 06:45 by die wegspringpunt by Laerskool Noord-Eind gedoen word.

Die wedloop self begin om 07:00 en atlete het drie ure kans om die roete te voltooi.

Die eerste vier mans en vroue in die senior-afdeling sal prysgeld van onderskeidelik R400, R300, R150 en R100 huistoe vat.

Daar is ook kontantpryse op die spel vir die eerste drie plekke in die veterane, meesters en junior ouderdomsgroepe.

’n Spanprys vir die klub wat die meeste atlete in die top tien posisies het, sal ook uitgeloof word.

Vir dié wat sukkel met die langer roetes is daar ’n 10km wedloop en ’n 5km pretdraf.

Inskrywings vir die 10km is R20 en die wedloop begin om 07:15. Vir navrae rakende die pretdraf, skakel die skool by 872-4237.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za