Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Skok-nederlaag vir Paarl-Oos

Skok-nederlaag vir Paarl-Oos
 
2009-11-19


DIE eerste krieketspan van GMT Paarl-Oos sit nou met twee nederlae op ’n streep, nadat Vredenburg-Saldanha die afgelope naweek ’n skok-oorwinning oor die tuisspan behaal het.

Paarl-Oos het op die New Orleans krieketvelde die loot gewen teen die manne van die Weskus, en het besluit om eerste te kolf.

Met Bjorn Hollenbach (22), Waylon September (42, 3x4), Jacky Daniels (31, 3x4) en Lee-Irvin Alexander (25, 4x4) die tuisspan se beste kolwers, kon Paarl-Oos 171 lopies opstapel, vir die verlies van 8 paaltjies.

Ondanks die veggees van Paarl-Oos se boulers, Jade Adams (2/37), September (4/19) en Elroy Abrahams (2/42), kon Vredenburg-Saldanha 173/8 behaal in die 42ste boulbeurt.

Paarl-Oos se ander spanne was nie in aksie nie, as gevolg van nat speelvelde.

Komende naweek speel Paarl-Oos I tuis, te New Orleans, teen die span van Noord-Boland.

Paarl-Oos II speel weg teen Klapmuts, en Paarl-Oos III speel tuis teen Paarl III te Allandale.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za