Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Raponsie laat sak haar hare

Raponsie laat sak haar hare
 
2009-11-19


SPEKTRUM en Stercus produksies, twee gevestigde produksiehuise, het hierdie jaar saamgespan om die sprokie Raponsie as ’n poppekasproduksie op die planke te bring.

Dié klassieke sprokie, oorspronklik deur die broers Grimm, is tot ’n vermaaklike poppekas verwerk deur Gaerin Hauptfleisch, wat ook die regie behartig.

Raponsie is Saterdag 21 November om 10:00 by die Ou Meul-teater te sien.

Soos in die sprokie word Raponsie in ’n toring opgesluit deur ’n nare heks wat haar van almal wil weghou. ’n Prins vind egter die geheim om by haar uit te kom en hulle raak verlief.

Wanneer die heks uitvind daarvan is sy vreeslik boos, en gehore sal self moet sien of Raponsie en die prins by mekaar gaan uitkom en of die heks se bose planne sal seëvier.

Regisseur Gaerin Hauptfleisch is al bekend vir sy prettige “panto-mini’s” soos Aswoestertjie en Sneeuwatjie? Die ander lede van die gedugte professionele akteurspan is Esther von Waltsleben, Stephanie Hough en Jan-Hendrik Opperman wat al vele kindertoneelstukke op hulle gesamentlike kerfstok het.

Kaartjies is R35 en kan bespreek word by 083-564-0056 of by vstemmet@gmail.com.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za