Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Aikido-seminaar te Nelson’s Creek

Aikido-seminaar te Nelson’s Creek
 
2009-11-19


VAN vandag tot Sondag (19 tot 22 November), bied Aikido Suid-Afrika (ASA) ’n internasionale Aikido-seminaar aan te Nelson’s Creek Landgoed.

Shihan Yoji Fujimoto (7de dan) van Japan, besoek die Paarl om dié klasse aan te bied.

Fujimoto is die instrukteur van die Paarliet Elroy Goliath, wat onlangs sy 3de dan gradering onder Fujimoto in die buiteland gedoen het.

Plaaslike sowel as buitelandse studente sal deelneem, met klasse wat daagliks plaasvind vanaf 09:00 tot 17:30.

Môre (Vrydag 20 November, 10:00-13:00), sal die Wes-Kaapse Minister van Sport en die Konsul van Japan teenwoordig wees om ASA amptelik te loods as nuwe nasionale Aikido-organisasie in Suid-Afrika, met volle magtiging vanaf die Aikido Hoofkwartiere in Tokio vir die afrigting en eksaminering van Aikido-studente in Suid-Afrika.

SABC Sport sal ook teenwoordig wees vir dekking.

Sowat 50 voorheen benadeelde kinders vanuit die Boland sal deelneem om Aikido-afrigting te ontvang.

Lede van die publiek is welkom om oor die vier dae dié klasse te besigtig (veral môre, tydens die amptelike loodsing).

Vir verdere inligting, kontak Elroy Goliath by 083-463-4187 of stuur ’n e-pos na info@aikidosa.co.za.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za