Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Rčniell is węreldklas

Rčniell is węreldklas
 
2005-09-01

Leon Steenkamp

HY het dit so byna-byna reggekry, maar volgende jaar bring hy ’n medalje huis toe.

Dit is die sentiment van die talentvolle fietsryer, Rčniell Matthysen.

Dié jong Paarliet het weer die verbeelding aangegryp tydens die Junior Baanfietsry Węreldkampioenskappe wat onlangs in Oostenryk gehou is.

Matthysen was die jongste van die Suid-Afrikaanse fietsryers en ook die derde jongste uit die 173 deelnemers van 36 lande.

Maar ten spyte van sy jeug en onervaring het Matthysen weer eens gewys oor watter vasbyt-stamina hy beskik.

Hy het in die 11de plek in sy uitdun na die finaal van die bondelwedren deurgedring. Slegs die voorste 12 ryers in albei uitdunne het vir die finaal gekwalifiseer en hoewel dit dalk mag lyk of
Rčniell gelukkig was om die top 24 te haal, was dit nie die geval nie.

“Ek het net gery om te kwalifiseer. Ek het geweet my tyd was nie te ver weg van die kwalifiserende tyd nie en dus het ek net genoeg gedoen om in die finale 12 te eindig,” vertel die nederige 17-jarige.

Dat dié ryer van die Paarl Fietsryklub sy beste vir die hoofwedren gehou het, was duidelik.

Met die ryers wat die 10km (40 rondes om die baan) met ’n gemiddelde spoed van 52km/u afgelę, kon niemand foute bekostig nie.

Met een ronde oor, het Matthysen wat toe vierde van agter gelę het, sy aanval begin.

Omdat van die ryers maar swaai-swaai gery het, moes die Suid-Afrikaner sy naelrit redelik wyd om die bondel begin.

Sy harde trapkrag en goeie tydsberekening het vir hom ’n baie goeie vyfde plek besorg.

Dit is die eerste keer dat ’n Suid-Afrikaner in dié byeenkoms in enige van die wedrenne onder die voorste 10 ryers eindig.

“Dit was baie lekker om teen węreldklas fietsryers deel te neem - hulle is maar altyd ’n stap voor ons,” vertel Rčniell.

“Ek is tevrede met my vertoning. In Desember was ek 14de by die Jeug Statebond Spele in Melbourne. In Januarie was ek sewende by die Jeug Olimpiese Spele in Sydney. Die feit dat ek aanmekaar ’n beter plek behaal, is goed,” sę hy.

Hy stem saam dat sou hy ietwat meer ervaring op sy kerfstok gehad het, hy dalk ’n medalje kon verower het.

“Ek het die afgelope tyd baie nuwe reëls geleer. In Australië was daar sekere reëls, terwyl ons in Oostenryk volgens ander reëls gery het.

“In Oostenryk was ek omtrent die enigste ryer wat nie geweet het wie Philip Klein (die Węreld jeugkampioen) was nie. As jy weet hoe die ouens ry, tel dit baie in jou guns,” vertel Rčniell.

Matthysen was dan ook die enigste ryer wat aan drie items deelgeneem het. Hy en SA-spanmaat, Greg Thomson (wat ook aan die individuele agtereenvolging deelgeneem het), was die enigste ryers wat aan meer as een item deelgeneem het.

Hy en Thomson het saamgespan in die 25km wedren, terwyl Rčniell ook aan die 1km tydtoets deelgeneem het.

“Die ander lande stuur een ryer wat slegs in een wedren spesialiseer.
Dit is nog ’n rede hoekom hulle so goed doen,” verduidelik Rčniell.

Hy het in albei dié twee wedrenne uitgeval.

Matthysen wat ’n leerder aan Hoërskool Labori is, is volgende jaar nog ’n junior en daar word met groot afwagting uitgesien na hoe hy in 2006 op dié prestasie sal verbeter.

Nog twee Paarliete wat ook aan die byeenkoms deelgeneem het, was Ivano en Bertram Siebrits, albei van Rhadsport Fietsryklub.

Hulle het onderskeidelik aan die puntewedren en 300m agtereenvolging deelgeneem, maar kon nie na die finale deurdring nie.

Bertram het nietemin ’n persoonlike beste tyd van 3:15 behaal.



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za