Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Man se skokdood

Man se skokdood
 
2009-11-19


’n FRATSONGELUK het gelei tot die skokdood van ’n plaaslike man.

Isaac Rhode (58) van Bredastraat, Paarl, was verlede Donderdag besig om skrootmetaal by Slabbert Burger vervoermaatskappy te laai.

Die metaal is op ’n vragmotor gelaai met ’n meganiese hysermeganisme wat die metaal optel. Rhode het die hyser beheer met ’n paneel wat aan die agterkant van die vragmotor geleë is.

Die hyser het klaarblyklik aan ’n oorhoofse kragdraad geraak en ’n hoë elektriese stroom het deur die vragmotor gevloei, en Rhode is doodgeskok.

Rhode was ’n werknemer van Len’s Skrootmetaal in EK Greenestraat, Paarl. Hierdie maatskappy wou nie kommentaar lewer oor die aangeleentheid nie.

Rhode word oorleef deur sy vrou, Rina, en is eergister vanuit die Toringkerk begrawe.
* A Paarlite died tragically in a motor-vehicle accident near Barrydale on Friday.

Paul van Zyl (32) was alone in the vehicle when he was involved in a head-on collision with a truck.

Van Zyl, and old boy of Labori High, worked in Paarl for a wine export company.

He is survived by his parents, Paul and Barbie van Zyl.

The funeral is tomorrow at 10:00 in the Paarlvallei NG Church.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za